Tuesday, April 21, 2009

Oorskiet

Vroulief is uitstedig, so ek eet vanaand my vriend skepskop se gunsteling kos, genaamd oorskiet. Bietjie boontjie bredie van saterdag, bietjie skaapboud van sondag en 'n sny brood of twee, die rooiwyn is eers vanaand oopgemaak, snaaks hoe daar nooit oorskiet wyn in die huis is nie.

Het julle al ooit agtergekom hoe mense altyd se dat bredie of kerrie altyd lekkerder smaak die volgende dag, nou ek gaan nie stry met die stelling nie, eerstens omdat ek waarskynlik al self daai woorde ge-uiter het, en tweedens hoe meet mens lekker, neem nou afval, vir een koningskos vir 'n ander onverstaanbaar dat enige een dit kan oorweeg om dit oor hulle lippe te bring.

Die punt waar ek wil uitkom is, as bredie of kerrie lekkerder is die volgende dag, hoekom kook ons dit nie 'n dag tevore nie, ek meen ons wil mons kos op hulle lekkerste eet, nie net die bietjie wat toevallig oorgebly het nie, nou eek weet nie van julle nie, maar ek ken niemand wat kos 'n dag voor die tyd maak nie, behalwe vir die kerkbesaar, of een of ander fees.

As lekker dan nou nie gemeet kan word nie, dan is dit sekerlik oraait om dit relatief te noem, so die omstandighede waarin ons kos eet, kan 'n invloed he, oor hoe lekker of al dan nie kos vir ons is. Vra nou maar vir 'n stormer ondersteuner wanneer laas het hulle 'n lekker boerewors roll op 'n saterdag geeet het, wys my een wat jou kan vertel, en ek wys jou 'n opperste liegbek. Nou my persepsie oor hoekom oorskiet soveel lekerder is die volgende dag is as volg. Die kosmaker het geen stress oor of die mense van die kos gaan hou of nie, want hy het reeds die andwoord op die vraag 'n aand of wat tevore gekry. Die nie kosmakers is nie gestress oor wanneer hulle uitendelik gaan eet nie, want die kos kan net warm gemaak word, so 'n huis gestroop van stress, ontspannend met 'n glas rooiwyn en 'n bord oorskiet, wat my laat wonder of ek nie dalk vannaand moes gekook het nie, dink net aan die moontlikhede vir more aand as vroulief weer by die huis is…

Lekker eet

Potjie

1 comment:

  1. Ja ou Potjie, nou praat jy van lekker kos - Oorskiet kos! Dit is amper soos n "combo" wat jy op die bod kry - so n bietjie van alles wat oor die laaste 3 dae gaar gemaak was. Dan kan jy ook nog eksperimenteer deur byvoorbeeld die kerriesous in te meng met die patato bake of die skaap bredie met die tamatie pasta. Partykeer kry jy n kombinasie wat heerlik is en tog nooit weer sal kan volmaak nie!

    Ek dink ook jy verstaan maar min van kos eet wanneer vroulief uitstedig is. Jy behoort te weet dan die mans altyd n Teazers burger sal eet en nie na n bord gekookte kos sal kyk nie!

    Hoop jy verlang nie te veel nie - Bak sommer vir haar n koek wat wys jy is baie lief vir haar.

    Groete my ou maat...

    ReplyDelete