Wednesday, June 2, 2010

Rudi’s se zef nefie

Valiant Swart het 'n song wat sê "Die meeste mense is maar lekker zef", Kerneels Breytenbach het in verlede sondag se Rapport 'n artikel gehad Wie's jou zef, china?, en in die splinter nuwe Sarie Kos vir Mans het Neil Pendock 'n artikel "Skink 'n Sopie Zef: waarin hy onder meer die Swartland as die zef nefie van Franshoek voorstel, wat my nou laat wonder het of die Fruit and Veg by Willowbridge dalk die zef nefie van Rudi's Sausage Deli is.


Vir almal wat die blog vir 'n lang ruk lees sal weet dat ek Rudi's Sausage Deli se no1 aanhanger is, maar tussen Saterdae wat ek kan Slowfood Market toe gaan is daar die Fruit and Veg waar ek vark worsies met peppadews en bees met rooiwyn en cranberries of 'n stukkie sosatie works kan gaan koop, en die lekkerste van alles is dat jy jou nie eers hoef te skaam vir die zef nefie nie.

Waar baie van die upstairs nefie se worse by uitstek geskik is vir gebruik in disse soos pasta of bredies (hulle het ook boerewors) is die zef nefie se wors van die braai tiepe, kole is waar hulle op hulle tuiste is, wat natuurlik beteken dat ek en die zef nefie baie goeie vriende geword het in die laaste tyd, en waag dit nou net om te sé, soort soek soort.

Lekker eet
Potjie

3 comments:

  1. Waar is Rudi's. Ek het gisteraand Basiel & Songedroogde Tamatie Varkworsies in Appelwyn (Cider) gestowe. Mens kry net nie altyd lekker spesialiteits wors nie.

    Amen vir die pos hieronder oor die Sarie Kos en Sarie Kos vir Mans. Ek myself is die wenner van die sosatie kompetisie in verlede jaar se lente-uitgawe.

    ReplyDelete
  2. Rudi's se slaghuis is in Gordenbaai, maar hulle is Saterdae by al die Slowfood markte, hier is hulle kontak besonderhede soos deur hulle verskaf

    If you would like to order any of the sausage for collection from the stalls, please phone Wayne (082 874 9811) for Earth Fair Market, Tokai, Willem for Stellenbosch (072 556 1701) and Jacky (082 877 0774) for Willowbridge or send us an e-mail to rudisdeli@telkomsa.net.

    ReplyDelete
  3. Geluk met die wen van die sosatie kompetisie Hardspear.

    ReplyDelete