Tuesday, June 15, 2010

Hou by jou voorneme

Ek het my voorgeneem om nie soos omtrent elke ander kos blogger hierdie hele world cup kos ding te doen nie, ek het 'n vermoede mense is besig om net so gatvol daarvan te word as sommige mense vir die geluid van 'n vuvuzela, daarom het ek gesĂȘ dat ek net Suid Afrika ondersteun, en daarom gaan ek net braai.



Party keer word jou beste voorneme onder druk geplaas, en met die snerpende koue van die laaste paar dae in die Kaap is dit maar moeilik om te braai as jy nie 'n binne braai het nie, maar afneem van my voornemens, nimmer as te nooit nie, daarom is daar die waterbraaitjie, so paar worsie, 'n paar tjoppe en dan maak die braaitjie sommer nog lekker warm ook, nou moet Bafana net Uruguay se gat skop more aand.

Lekker eet
Potjie

No comments:

Post a Comment