Thursday, June 17, 2010

Volstruis burger met roket

Laas week drentel ek tussen die vleis rake rond by my plaaslike supermark en daar merk ek die pakkie volstruis "patties" op, en die volgende oomblik is dit binne in my mandjie, toe begin die planne in my kop vorm aanneem. Roket, tamatie, kaas en Woolies se "Heat and Eat" brood rolletjies, en die plan word 'n ete.

Sit die oond op 180°, wanneer die oond die hitte bereik, sit die "Heat and eat" broodjies in die oond vir 6 minute. Intussen maak 'n riffel pan rook warm, smeer bietjie olyf olie oor die volstruis "patties" en braai vinnig in die riffel pan tot die gaarheid wat jy verkies, maar moet tog nie oorgaar maak nie.


Smeer botter op die broodjie, sit 'n klompie roket blare bo op, dan tamatie, geur met sout en peper, miskien 'n stukkie chedder en dan die volstruis pattie, maak toe die broodjie en maak jou mond wyd oop en neem 'n byt, lekker, lekker, lekker.


Geniet saam met 'n glas of twee van KWV se Café Pinotage, die het op min of meer dieselfde manier in my mandjie beland as die volstruis.


Lekker eet


Potjie



No comments:

Post a Comment