Monday, June 28, 2010

Vark en “sticky” rys balle

Eerstens jammer vir my halwe Engelse opskrif, maar klouerige rys balle klink nie heeltemal lekker nie, taai is ook nie sticky nie, so ek bly maar by sticky.

Jy benodig

450 vark maalvleis
1 eier
15ml meel
4 spriet uie gekap
2 eetlepels gekapte Koljander blare
2 eetlepels vis sous
Vars gemaalde swart peper
225g gekookte sticky rice

Voeg die vark, eier, meel, spriet uie en koljander blare by mekaar en meng goed, geur met die vis sous en vars gemaalde swart peper.

Sprei die rys op 'n plat oppervlakte en skep teelepels vol van die vark mengsel bo op. Maak jou hande klam, vorm die rys rondom die maalvleis om balletjies te vorm. Stoom vir omtrent 10 minute in 'n bamboes stoom mandjie.

Sit voor met soet chilli sous .

Die balle kan ook gediepbraai word, maar maak seker dat die balletjies klein is as jy dit gaan doen, anders gaan die vark nog rou wees en die rys verbrand.

Lekker eet
Potjie

No comments:

Post a Comment