Wednesday, June 2, 2010

Om te braai vir twee

Na jare van braai het ek nog nooit geleer hoe om vir twee mense te braai nie, en al braai ek 4 of 5 keer 'n week, voel dit altyd vir my of 'n braai 'n feestelike samesyn van vriende behoort te wees, en my vleis aankoope weerspieƫl die gevoel.

Gisteraand maak ons so vinnige braai'tjie dit was darm 26˚C so in die middel van die winter koue, op die braai beland toe 'n lams ribbetjie, lam tjoppies, vark wors met peppadews en beeswors met cranberries asook hoender vlerkies en braai broodjies, genoeg vir 'n gesin van 6, maar bietjie te veel vir my en liefie, dit beteken natuurlik dat ek die res van die week braai vleis eet.

Terwyl ek die vleis staan en bewerk gisteraand, dink ek so by myself, miskien moet ek iets flambojants aanvang met die vleis, ter wille van die blog, jy weet, die braai so bietjie Nataniƫl, maar ek kon dit nie oor my hart kry om die smaak van vleis te verwoes nie, so weer eens was dit net sout en peper op die tjoppe, die rib het darm so bietjie Worchestire sous gekry, en met die hoender was ek roekeloos, toe gooi ek Portegese Hoender Spesery op hulle.


Saam met al die vleise moet 'n man darm 'n glasie of twee rooiwyn neem, en gisteraand se Graeme Beck Railway red was glad nie sleg nie, inteendeel heel lekker.


Lekker eet


Potjie

1 comment:

  1. My man braai gedurig vir twee - maar daar is amper altyd oorskiet!! Mmmm, Railroad Red werk altyd lekker by 'n braai...

    ReplyDelete