Monday, June 7, 2010

Maak yskas skoon, maak sop

Ek kan sop resepte skryf tot die berge horings kry, maar die werklikheid is dat my sop resep word bepaal deur wat in die yskas en groente rak is.


Die meeste van die tyd sal ek begin deur bees skenkels te kook saam met 'n ui, worcestershire sous, knoffel, peper en seldery tot die vleis van die been af los kom, dan voeg ek my groente by.

Gister aand het die groente bestaan uit, preie (leeks), aartappels, wortels, uie, celdery en sampioene, voeg daarby bietjie bees aftreksel poeier, sout, peper, franse kruie en sommer vir die lekkerte 'n skoot Old Brown Sherry, en siedaar ons het aand ete.

Rooster dun gesnyde franse broodjies en plaas bo op sop met 'n skep mayonnaise bo op die broodjie.


Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment