Thursday, June 24, 2010

Die stress van ‘n verkoopte Lucy’s

Volgens WikiAnswers is die 10 mees stressvolle lewens ondervindings die volgende.
  1. Skei / opbreek van verhouding
  2. Om beroof te word
  3. Werk verloor
  4. Trou reëlings
  5. Werk
  6. Kinders / Familie
  7. Skuld
  8. Pendel
  9. Studeer vir eksamen
  10. Verwag van baba
Ek is seker dat al hierdie ondervindings baie stressvol is, maar êrens het iemand iets gemis, want sweerlik waar moet die verkoop van jou gunsteling wegneem ete winkel ten minste 'n plekkie onder die top 10 kry, en ek sou dink ten minste onder die top 3.

Lucy's was vir jare die plek waar ek my middag etes bestel het, en tot vandag toe nog steeds gedoen het, maar so paar maande terug het Lucy die winkel verkoop aan een of ander Koos, en teen 'n nie te stadige pas is die gehalte van die kos besig om in die verkeerde rigting te beweeg.


Die tjips proe of dit in die mikrogolfoond warm gemaak word, die burgers en my dagboek se voorblad proe dieselfde, en my gunsteling, die maalvleis Kerrie is van alle smaak beroof, die speserye wat hy uit Lucy se resep laat kan hom sekerlik nie soveel geld spaar nie, maar is besig om my bloeddruk die hoogte in te jaag.


Ek het nou al die nuwe eienaar laat weet wat ek met sy tjips gaan maak as hy weer vir my opgewarmde tjips stuur, maar blykbaar het die man een of ander perverse fetish, want hy steur hom nie aan my nie, vandag het ek vir die laaste maal op 'n wonderwerk gehoop, en weer eens kos by die @$%&*% bestel, en weereens die vaal smaaklose &@& gekry, nou is ek klaar, ek ontrek my uit die hoofstroom ekonomie, en sal nou maar my eie kos werk toe bring, as die area se ekonomie nou in duie stort was ek my hande in onskuld, ek het my bes probeer.


Nou vertel WikiAnswers vir my dat dit meer stresvol is om te pendel as om skielik 'n stuk karton vir middagete te kry, of om 'n troukoek te bestel is meer stresvol as om vaal smaaklose Kerrie te eet, of dat jou huis paaiement drie maande agterstallig is, is erger as mikrogolf opgewarmde tjips, snert man, dis die absolute top punt van stres om jou wegneem kafee te verloor, wag laat ek gou 'n valium vat.


Lekker eet

Potjie




1 comment:

  1. Lekker lag ek nou! Ek dink daarmee saam gaan die stres van iets lekkers op die menu sien, lekker lus raak daarvoor, dit te bestel en dan 10 minute later uit te vind hulle is out of stock en wil ek nie eerder iets anders he nie? Nee, ek wil nie! Ek wil DAAI ding he! My bloeddruk KOOK sommer.

    ReplyDelete