Tuesday, June 29, 2010

‘n “Parcel” en ‘n “drink”

Dis wat ek nou net vir aand ete gehad het, 'n parcel en 'n drink, en dis drink soos in engels uitgespreek, om meer spesifiek te wees, 'n hake parcel, jy kry ook 'n snoek parcel, en ek is seker daar is vele ander parcels in die wêreld, maar as jy in die Kaap woon is daar net twee soorte parcels, hake of snoek, altwee kom met tjips, en 'n "drink" is 'n gas koeldrank, iets soos coke of fanta orange, lemoensap is juice, dis nie 'n drink nie, dis juice, dis hoe dit is hier in die Kaap.

Foto van http://www.freefoto.com

Wanneer die fabriek werkers later as 19:00 werk, koop ons hier waar ek werk vir die manne kos, en die twee goed wat gewoonlik georder word is of 'n "streetwise three" of 'n parcel, so nou en dan bestel 2 manne saam 'n heel hoender van Pick & Pay, dan is daar genoeg geld nog vir 'n katkop, jy weet nie wat 'n katkop is nie? Nou hoe nou, dis 'n halwe witbrood man, wat het jy nou gedink is dit, dit raak eers 'n bunny chow as dit uitgehol word en kerrie mince ingesit word, of as tjips en weense worsies die binnekant van 'n katkop find dan is dit 'n Gatsby, dis hoe dinge hier werk, en dis hoe ek vanaand met 'n parcel en 'n drink vir aandete opgeeindig het.


Lekker eet


Potjie

No comments:

Post a Comment