Sunday, June 20, 2010

Visaftreksel en vissop

Sommige goed is eenvoudig net makliker om klaar te koop as om dit self te maak, ongelukkig is visaftreksel nie algemeen verkrygbaar nie, daarom is dit 'n goeie idee om die viskoppe en grate te hou as jy jou vis fillet, of dit laat doen, gebruik dit om jou eie vis aftreksel te maak.


Gooi die koppe en grate en al die stukkies wat jy nie gaan gebruik nie in 'n pot (onthou om die kiewe uit te haal voor jy die kop gebruik) sny een ui en twee of drie knoffel huisies, 'n handvol seldery en twee of drie wortels in stukke en gooi by, maal bietjie swart peper bo oor en gooi so drie of vier druppels vissous by, vul water by to alles bedek is, die water moet ten minste so sentimeter of twee bo alles wees. Bring tot kookpunt en kook tot die vis koppe heeltemal uitmekaar is en al die vis tussen die grate uit gekook het. Gooi deur 'n sif, gooi weg die grate en groente en hou die aftreksel tot jy dit nodig het, byvoorbeeld vir die sop hieronder, vries die res in plastiek sakkies tot jy dit benodig.



Jy benodig:


1 ui fyn gekap
2 huisies knoffel fyn gekap
1 blikkie gekapte tamaties
1 1/2 koppie vis aftreksel
1/2 koppie wit wyn
250 gram vis fillette in blokkies gesny
1 suurlemoen
swart peper
olyfolie
pietersiel fyn gekap
mayonnaise
dun gesnyde Franse broodjies gerooster


(Bogenoemde neem in aanmerking dat jy die visaftreksel soos hierbo beskryf gaan gebruik, daarom benodig jy nie meer sout nie)


Druk die sap van die suurlemoen oor die vis en meng goed, marineer tot benodig.


Braai uie in bietjie olyf olie tot sag, voeg dan die knoffel by en braai vir 'n minuut of twee. Voeg die tamaties by, en bring tot kookpunt, voeg die wyn en aftreksel by en bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir so halfuur. Haal van die hitte af, gebruik 'n hand "blender" om die sop te verpulp, sit terug op die hitte en prut vir nog 15 minute. Voeg die vis by en simmer vir so 10 minute tot die vis gaar is, geur met swart peper. Bedien met die geroosterde broodjies met 'n skeppie mayonnaise op en garneer met fyngekapte pietersielie.


Lekker eet
Potjie

No comments:

Post a Comment