Monday, June 21, 2010

Verneuk frikkadelle

Op 'n stadium het ek wors gemaak wat ek te styf gestop het, en aangesien die speserye toe in elk geval al by die vleis was, het ek besluit dis 'n goeie idée om dit vir frikkadelle te gebruik, al wat jy hoe by te voeg is fyngekapte uie en eier.


Pangebraaide frikkadelle

Neem wors wat lekker gespesery is, verwyder die derm en breek die vleis op met 'n vurk. Kap een of twee uie afhangende van die hoeveelheid vleis fyn en meng deur die vleis, voeg een of twee eiers by en meng goed, vorm in frikkadelle en maak gaar. As jy voel die vleis bind nie goed genoeg nie, neem 'n sny witbrood, week dit in melk, verwyder die korsie, en meng met die vleismengsel.

Frikkadel sosaties

Die frikkadelle kan in die pan gebraai word, of op sosatiestokkies ala Zabwan gesit word en oor die kole gebraai word, of in 'n lekker tamatiesous gaargemaak word saam met pasta, drie maniere on vinnig kos te maak met wors, en niemand hoef te weet hulle eet eintlik wors nie.

Frikkadelle in tamatiesous, lekker saam met pasta


Lekker verneuk, ek meen eet.

Potjie

No comments:

Post a Comment