Wednesday, August 4, 2010

Volstruis lewer pate

As man nou 'n ding soos 'n volstruis lewer raakloop kan jy net sowel verbeel die wêreld is jou oester en wild gaan, gryp 'n koppie room kaas of dubbel room (dis seker wat mens double cream in die soetste taal noem) kap 'n ui fyn, kap dan sommer bietjie tiemie by, en terwyl jy nou besig is kap sommer 'n knoffel huisie of twee ook fyn.


Skink nou vir jou 'n glas wyn en bedink die ding goed deur, miskien onthou jy van daai bottel Verlaque Balsamic Reduction (Fresh Raspberries) in die kas, dan haal jy hom ook sommer uit.


Vat daai yster pan van jou en gooi bietjie olyf olie in, braai die uie en knoffel tot sag, voeg die volstruis lewer by (so 350g) en braai tot bruin, voeg tiemie by en geur met sout en peper. Gooi bietjie van die balsamic reduction oor en braai tot gaar.


Laat lewer bietjie asfkoel, gooi in voedselverwerker, voeg room of roomkaas by en verwerk tot fyn, gooi in klein bakkies en sit in yskas vir ten minste 24 uur, as jy dit kan hou.


Lekker eet


Potjie

3 comments:

  1. Geskryf in die styl van Pieter Pieterse. Baie goed.

    ReplyDelete
  2. Dankie Bakstein,

    Ek was 'n groot Pieter Pieterse aanhanger, het nie doelbewus hom probeer naboots nie, maar nou dat ek dit weer lees sien ek dit ook raak.

    ReplyDelete
  3. Dis 'n lekker lees resep en ek sal my nie bekommer oor wie se skryfstyl dit is nie. Ek was so gelukkig om 60 kg volstruislewers, volstruisharte, klippense en vlerkpunte spotgoedkoop te koop en nou soek ek resepte vir alles.

    ReplyDelete