Tuesday, August 24, 2010

'n Nuwe gesig vir die Swartland

Die gesig van die Swartland was altyd koring, grasgroen in die winter wat tot goudgeel verander in die somer, en dan na oestyd so half barre stof geel van die koring stoppellande, maar in die laaste paar jare het daar 'n kanarie geel in die Swartland verskyn, lank voor die koring begin ryp word is daar geel blertse tussen die groen koring lande, kanola geel om presies te wees, en miskien is dit gepas nou dat mense meer margarien as botter eet dat kanola so tussen die koring groei.

Daar is natuurlik 'n ander geel in die winter in die Swartland, 'n heelwat ligter geel, ramnas is sy naam, en nie soort van ding wat mens aspris groei nie, ook nie die tiepe ding waarvan jy sal margarien maak nie, vra maar vir enige iemand wat al melk gedrink het waarvan die koeie ramnas geeet het, nie 'n smaak wat mense laat toustaan nie, glo my.



Lekker eet
Potjie

2 comments:

  1. Oom Potjie,

    Ek is opsoek na 'n goeie pofadder resep. Het reeds 'n paar vetderms, maar is reseploos.

    ReplyDelete
  2. Ek het nog nooit self pofadder gemaak nie, maar ek het die resepte op die net gevind. Gaan na http://www.boerekos.com/forum/viewtopic.php?showtopic=195
    Of
    http://funkymunky.co.za/patriot99.html

    ReplyDelete