Tuesday, August 17, 2010

Om te droom

"My heart is afraid that it will have to suffer," the boy told the alchemist one night as they looked up at the moonless sky." Tell your heart that the fear of suffering is worse than the suffering itself. And that no heart has ever suffered when it goes in search of its dreams."

Die boonste aanhaling kom uit The Alchemist van Paulo Coelho, een van my gunsteling nie-kook boeke, en hoekom ek vanaand daaraan dink weet ek nie regtig nie, maar nou laat ek dit weer lees het ek aan drome begin dink, die meeste van my drome het met kos te doen.

Ek sal vandag julle 'n skrefie geen in een van my drome.

Die droom speel af in 'n klein dorpie, met huise ouer as die Kasteel in Kaapstad, olyf en suurlemoen bome, lavender en papawers en rose rooier as wat jy kan dink. Dan is daar die mark, met tafels vol kase en salami, haas en hoender lĂȘ styf teen kalkoene en eende, klein roos knoppies en 'n reenboog van peper korrels verlei jou om te koop, groente en vrugte wat net sowel 'n blomme rangskikking kon wees vra vir maaltye by groot tafels vol lag en wyn, ja dis in die land waar brood nog by die bakkery gekoop word, sigarette by die tabaconist en wyn orals, waar winkels in die middag sluit, en kos 'n godsdiens is, waar ek nie die taal verstaan nie, maar die mense wel, dis die Franse platteland, en dis 'n droom.

More deel ek 'n ander droom, miskien

Lekker eet

Potjie



No comments:

Post a Comment