Sunday, August 1, 2010

Uit die veld (geslaan)

In die laaste jare het suurlemoensap en skil surings vervang in waterblommetjie bredie, en ek was altyd onder die indruk dat dit maar ons gewone luiheid is wat hierna gelei het.

Maar 'n tyd gelede lees ek 'n resep vir waterblommetjie bredie, en die skrywer van die artikel noem toe dat hy/sy nie meer surings in die hande kan kry nie, en ek begin toe wonder of surings aan die uitsterf is.





Toe ek dus die naweek tussen Stellenbosh en Malmesbury orals geel blommetjies langs die pad opmerk stop ek net daar en gaan kyk na die blomme wat teen 120km/h kompleet soos surings lyk, en tot my blydskap vind ek toe uit dat surings g'n aan die uitsterf is nie, mense is net bloot lui om in die veld te gaan stap en dit te pluk.


Waterblommetjie tyd is ook suring tyd in die Kaap, so stop jou motor, gaan stap in die veld en pluk surings, en maak waterblommetjie bredie soos jou ouma dit gemaak het, en vir so proesel van kleintyd eet sommer 'n handvol daar in die veld.


Lekker eet
Potjie

2 comments:

  1. Hierdie lyk soos die onkruid wat ek uit my tuin uit trek.

    ReplyDelete
  2. Dis prisies wat dit is. Hou dit en gebruik in jou waterblommetjie bredie.

    ReplyDelete