Wednesday, July 21, 2010

Wat lag jy?

Ek wou hierdie blog post begin het met ons Afrikaners, toe onthou ek van die vrou wat ek jare gelede mee saam gewerk het op die lughawe, wat altyd gesê het, Afrikaners is rooi koeie met horings, wel twee uit die drie het betrekking gehad, en soms het ek gewonder of sy nie horings ook het nie. So dalk sal die regte bewoording wees, ons Afrikaanses, of Afrikaans sprekendes, maar hoe dit ook al sy, ons het effens van 'n ander humorsin as die Engelse, en ek praat nou nie eers van Britse humorsin nie, dit vind ek bloot net nie snaaks nie, maar nou ja, die feit dat ek die Amerikaanse "slap-stick" humor meer geniet sal sommige mense my inteligensie laat bevraagteken.

Wat my hieraan laat dink het is die "comments" wat mense op die Engelse kos blogs maak, altyd vreeslik ernstig, behalwe as dit een van ons rock spiders is wat begin "comments" maak, dan raak dit gewoonlik 'n nonsense pratery, en passop vir flirt met sarkasme, wat ons in Afrikaans as baie snaaks beskou word maklik in die rooi taal as sarkasme beskou, ek het eendag gedink ek is baie snaaks om te vra hoekom iemand se kos deur die blare is na aanleiding van 'n pragtige foto waar herfs blare so tussen die borde rond lê, die vraag is begroet met 'n ysige stilte.


Gister het Lavender and Lime 'n posting gedoen oor slegte spelling en taal gebruik, sy het baie reaksie gekry van mense wat net soos sy 'n broertjie dood het aan slegte spelling, 2 grapgatte moes natuurlik snaakse (wel ons het gedink dis snaaks) opmerkings maak, ek en Shaz, en ongeag van haar half Engelse naam is sy so Afrikaans soos 7de laan.


As my soms verdagte spelling jou dalk soms irriteer kan ek net Mark Twain aanhaal (vrye vertaling) deur te sê, ek het geen respek vir 'n persoon wat nie elke woord in ten minste twee maniere kan spel nie.


Onthou om in te skryf vir die wen 'n naweek by Cascades @ Club Mykonos kompetisie.

SKRYF NOU IN

Lekker eet.
Potjie

2 comments:

  1. Mooi foto.Is dit GROOT POTJIIE en klein potjie op die foto ?

    ReplyDelete
  2. Ha-ha, nee net die grote is pot(jie)

    ReplyDelete