Wednesday, July 7, 2010

Die varste terleurstelling van die vars produkte mark, en die beste verrasing

Laas week kry ek 'n e-pos wat dit uitbasuin dat gedurende die wynfees op Stellenbosh die "Fresh Goods Market" elke dag van die fees van 11H00 tot 21H00 sal oop wees, met al die gewone stalletjies en nog baie meer. As ek geweet het waar om mense vir vals advertensie aan te kla dan het ek, want al die gewone Saterdag mense was defnitief nie Vrydag aand daar nie, die een rede waarom ek gegaan het was om my yskas weer bietjie te vul met Rudi's Sausage Deli se wors, maar daar was geen teken van hulle nie, ook van baie van die ander mense wat gewoonlik Saterdae op die mark is was daar geen teken nie, maar ek het twee groot plesiere op die fees raak geloop. Die een was Darling Brewery, waarvan ek meer op 'n ander dag sal sĂȘ, die ander is Lovane Boutique Wine Estate

Ons het verskeie van Lovane se wyn geproe waarvan ons twee gekoop het vir 'n spesiale ete wat ons met vriende gehad het, die eerste was hulle Methode Cap Classique 2007, in my beskeie opinie kan dit met enige van ons Cap Classique's meeding, en die tweede wyn wat ons gekoop het was hulle Summer Mist 2009, 'n witwyn gemaak van rooi druiwe (87% Cabernet Saivignon, 8% Petit Verdit en 8% Cabernet Franc) en wat 'n interresante wyn, die reuk ongelooflik, en die smaak selfs beter, ek is nie 'n vreeslike witwyn drinker nie, maar die wyn het my bekeer na witwyn drink.

Besoek gerus hulle webwerf vir meer inligting, of selfs beter besoek die plaas, hulle is op die M12 reg langs Neetlingshof.


Lekker drink
Potjie













.

No comments:

Post a Comment