Tuesday, July 13, 2010

Ryskonkoksie – verlangs familie van paella

Paella in sy oorspronklike vorm het nie noodwendig enige seekos in die gereg nie, afhangende van waar in Spanje die gereg gemaak word sal hoender of skulp vis gebruik word, in die suid kus word haas tradisioneel gebruik, maar hierdie eenvoudige geregte was nie "fensie" genoeg beskou vir die restaurante wat op die toerisme mark ingestel is nie, en die paella met al die seekos soos ons dit meestal vandag ken is gebore.

Die enigste rede hoekom ek sê dat my gereg verlangs familie is van paella is omdat dit soos paella grootliks 'n rys gereg is, en chorizo, ertjies en saffron bevat, bestandele wat gewoonlik met paella geassosieer word, maar anders as paella gebruik ek klaar gaar rys, want daar is gewoonlik oorskiet rys in die yskas.

Kry al jou bestandel gereed.



1 rooi ui fyn gekap

1 groen soet rissie in repies gesny

1 geel soet rissie in repies gesny

1 rissie ontpit en fun gesny

30cm stuk chorizo in skywe gesny

4 stukke vark repe in stukke gesny

4 ontbeende hoender dye in stukke gesny

Oorskiet rys

Ertjies, so handvol

0.1g Saffron in 'n bietjie water geweek

1 410g blik tamaties

Sap van een suurlemoen

Olyf olie

Sout en peper na smaak

Verhit bietjie olyf olie in 'n pan wat groot genoeg gaan wees om al bogenoemde bestandele te huisves. Braai die chorizo tot die vet begin uitbraai, voeg die vark by en braai tot al die vark verkleur het, voeg dan die hoender by en braai tot die hoender verkleur is, voeg die uie, soet rissies en rissie by en braai tot sag. Voeg die rys by en meng goed deur, voeg die tamaties en saffron water by, laat goed deurkook, voeg dan die ertjies by en verit tot alles goed warm en gaar is, geur met suurlemoen sap en sout en swart peper.

Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment