Monday, July 26, 2010

Ou familie resepte – nie regtig

My ma is nie regtig 'n koker of bakker nie, sy hou van tuin maak en huis skoon maak, ja regtig, sy hou van huis skoonmaak. Maar kos kook is 'n noodsaaklike ergenis, jy eet omdat jy moet leef, jy leef nie om te eet nie, sy verstaan glad nie hoekom ek alewig besig is om te kook nie.


Sy het egter 'n paar goed wat sy maak wat ek altyd gedink het moet een of ander familie resep wees. Toe ons klein was, was daar altyd tuis gemaakte gemmer bier in die huis, gemmer koekies en karringmelk beskuit was deel van ons huis, so ook korslose melk tert.


My skok oor die familie resepte van my ma was groot toe ek haar eendag bel vir 'n resep, en sy sê, maar jy het mons 'n Kook en Geniet , effens oorbluf het nog gevra, hoe bedoel ma nou, maar dit was onafwendbaar, my ma se familie resepte het uit die Kook en Geniet gekom, en haar van is nie De Villiers nie.


Lekker eet


Potjie

2 comments:

  1. Ja dis so waar. Geen resep kan rerig meer n familie resep wees nie.

    ReplyDelete
  2. Mens sou dink dat hulle 'n ander prenjie op die cover sou gesit het.

    ReplyDelete