Tuesday, July 13, 2010

Tietiesbaai, die tieties van Paternoster

Daars twee stories oor hoe Tietiesbaai sy naam gekry het, die eerste is dat daar 'n Hottentots kaptein in die area gewoon het met die naam Tieties en die baai is na hom vernoem, die ander storie het te doen met die twee koppies wat baie lyk soos 'n sekere gedeelte van 'n vrou se lyf, as jy weer in daai area is, kyk na die koppies en besluit self watter storie jy wil glo.


Die een ding waaroor daar nie in die area gestry word nie is dat dit kreef wêreld is, vis ook, maar veral kreef. Oral sal jy kreef smouse (smokkelaars) op Paternoster vind, die prys van kreef word bepaal deur die weer (kan daar kreef getrek word) en die hoeveelheid GP karre in die dorp, as jy die kans gaan vat om met die manne besigheid te doen en jy bestuur 'n kar met GP nommerplate of iets wat lyk of jy van die groot dorp af kom (CA byvoorbeeld) begin jou prys so 10 of R20 hoër as die res van die wêreld. Maar pasop om besigheid te doen met die manne, jy is besig om aan die verkeerde kant van die wet te beweeg, hulle sal jou vertel dat die polisie worry nie oor hulle nie, hulle is te besig met die "klonkies" wat inbreek, maar wet is wet, so wees gewaarsku.

Op my engelse blog vertel ek meer van my naweek aan die weskus.

Lekker eet

Potjie

3 comments:

  1. Hehe.....waaaar sien mens eintlik daai twee tieties Potjie?? Ons was onlanks in die Tietiesbaai en Paternoster wereld. Dit is so so pragtig stil daar. Ek glo sommer al twee verhale :o) xxx

    ReplyDelete
  2. As jy op di strand staan en terug kyk "berg" toe sal jy die twee tieties bo op die kop sien, kon dit ongelukkig nie afneem met die bewolkgeid die naweek nie.

    ReplyDelete
  3. Aaaaah dankie..volgende keer sal ek so maak. Ons het gekyk maar nie gesien nie....thanx Have a great weekend xx

    ReplyDelete