Thursday, September 9, 2010

Lei SA of Ly SA

WAARSKUWING: Wat hier volg het niks met kos te maak nie, as jy van die mening is dat godsdiens en politiek nie om die etenstafel hoort nie, is die volgende waarskynlik ook nie 'n gesprek vir rondom die etenstafel nie.


By hiedie tyd het die meeste mense in SA nou al van die Lei SA veldtog gehoor, en miskien is jy van die mening dat dit soos in die film Pay It Forward hierdie groot ding is wat hierdie groot verskil in SA gaan maak, en in die begin het ek ook gedink dis 'n cool idée, maar by die dag raak ek meer geirriteerd met mense wat radio stasies bel met die goedjies wat hulle vandag gedoen het om SA te help "lei", luister nou mooi, die feit dat jy vanoggend by die stopstraat gestop het wat jy elke oggend "skip" maak nie die wêreld 'n beter plek nie, dis wat jy veronderstel is om te doen, om die waarheid te sê, behoort jy al lankal jou lisensie te verloor het omdat jy elke dag die wet oortree, jy is 'n gewoonte misdadiger, gaan bieg by jou sielkundige of priester, ek stel nie belang nie!


So ok, jy het vandag agter iemand gestaan wat 50c te min gehad het vir wat hulle gekoop het, great toe gee jy vir hulle 'n rand en jy wil nie die kleingeld hê nie, raai wat? die meeste mense wat dit enigsins kan bekostig het dit al gedoen, die feit dat jy dink jy het die wêreld 'n beter plek gemaak, en die wêreld daarvan wil vertel is 'n vreesaanjaande gedagte.


Kom ons wees nou bietjie sinies oor die veldtog, jy doen iets goed, of anders as wat jy elke dag doen, dan SMS jy jou goeie daad teen R3.00 of wat ook al aan een of ander nommer, gewoonlik kos 'n SMS kom ons se 60c, waar gaan die ander R2.40 heen? Na die veldtog se spesiale bankrekening om armoede te verlig? Nee? Ek het nie so gedink nie.


As jy moreoggend voel jy moet die wêreld vertel dat jy die ou tannie oorkant die straat gegroet het dink weer, dis die tipe ding wat normale mense doen, as jy voel dis spesiaal het jy 'n probleem, sorteer jou probleme uit, maar asseblief nie op die radio nie, dis erg genoeg om elke oggend wakker te word met die gedagte dat die Sprinbokke deur 'n nar afgerig word, ek sien nie kans vir jou persoonlike probleme ook nie.


Lekker eet


Potjie

4 comments:

  1. Volgens gerugte is die koste nader aan 25 sent. So iemand print letterlik geld teen R3/sms.

    ReplyDelete
  2. Baie waar - waar is die regte 'change'? Ons moet seker dankbaar wees, party mense tree darem meer...wel..menslik op!

    ReplyDelete
  3. Hahaha! Ek het nou lekker gelag! Dit is SO waar.

    ReplyDelete
  4. Ek worry oor die selfde ding met Shout. Wat DOEN hulle eintlik anders as moan??? PnP en almal gee hulle der duisende rande, jy kan daai liedtjie download op jou selfoon vir R20, en wat word daarmee gemaak?

    Ek het baie sinies geraak oor sulke "quick fix" campaigns wat meer geld maak as wat hulle goed doen

    ReplyDelete