Sunday, August 21, 2011

Dis my wereld

Toe ek vandag van Malmesbury terug ry huis toe besef ek weer hoe die liefde vir jou eie wereld altyd daar sal wees, miskien wil jy nooit weer op die tuisdorp van jou kinderdae gaan woon nie, maar nogtans kyk jy elke Sondag in die Rapport wat jou skool Saterdag in die rugby gedoen het, die terleurstelling van 'n verloor (veral op interskole naweek) is miskien nie so groot soos wanneer die Springbokke verloor nie, maar naby genoeg aan die terleurstelling as jou provinsiale span verloor (asseblief WP, julle sal moet begin beter speel, my hart gaan dit nie hou nie.)




Voor die hartseer my oorval oor Malmesbury se pakslae in die naweek se Interskole gaan ek julle dus verwys na my Engelse blog vir 'n paar foto's van 'n regte .Swartlandse wintersdag.



Ek beplan 'n paar "postings" oor die Swartland in die toekoms, so as jy voel daar is iets in die Swartland waarsonder 'n artikel oor die Swartland totaal onvolledig sal wees, email my asb. by potjie3peen@gmail.com.



Lekker eet

Potjie

1 comment:

  1. Ai jong,jammer om te hoor van Malmesbury in die Interskole!

    ReplyDelete