Thursday, August 18, 2011

Salm viskoekies met mosterd en tarragon sous

'n Man kan nie elke dag ure voor die stoof deurbring nie, en soms kom die hoof bestandeel van jou gereg dalk uit 'n blik uit, maar dis geen rede om afskeep kos te maak nie, vars salm is so duur aan die suid punt van Afrika dat as die lus vir dit jou oorval en die maand staan einde se kant toe, kan jy dalk genoodsaak wees om dit by Checkers in 'n blik te gaan koop.

As dit die geval is dan maak ons maar salm viskoekies, hoopenlik het jy die res van die bestandele in jou kas, en 'n terragon mosterd sousie klink vir my net reg hiermee saam.

Vir die viskoekies benodig jy:

1 blik salm
2 medium aartappels
1 ui fyn gekap
3 tot 4 tlps kappertjie saad fyn gekap
1 tlp droë pietersilie
1 eier geklits met 50ml melk
Skil en sap van een medium suurlemoen
1 suurlemoen in wiggies gesny vir opdiening
Broodkrummels
Meel (vir jou hande)
Olie
Sout
peper

Metode:

Kook die aartappels tot net gaar en maak fyn, wees versigtig om nie die aartappels te veel te kook nie, dit moet net-net gaar wees, anders gaan die mash, sorry kapokaartappels te watering wees. Laat die aartappels afkoel. Braai die uie in 'n bietjie olie tot net sag, laat afkoel. Sny die vis blik oop, dreineer en gooi in 'n meng bak. Maak die vis fyn, sit die kapok aartappels asook die uie, pietersielie, suurlemoen skil, sap en die kappertjie saad by. Gooi sout en peper na smaak by, proe of dit reg is, alles is mons gaar, so jy kan maar proe. Meng alles goed saam.

Vryf bietjie meel aan jou hande. Neem van die mengsel en vorm balletjies bietjie groter as gholf balle, rol in die eier en dan in die broodkrummels. Druk die balletjies plat om koekies te vorm. Verhit olie in 'n pan en braai die koekies oor matige hitte tot goud bruin aan beide kante.

Nou vir die sous:
2 eetlepels tarragon asyn (as jy nie het nie week bietjie droë tarragon in witwyn asyn, ek maak sommer vir my 'n bottel hiervan en hou dit)
1 eetlepel Dijon mosterd
1 eetlepel volgraan (whole grain) mosterd
3 eetlepels mayonnaise
Meng al die bestandele saam en bedien saam met die viskoekies.

Lekker eet
Potjie

1 comment:

  1. Ek hou van die sous - gaan dit beslis probeer!

    ReplyDelete