Sunday, August 7, 2011

Boere Paella





Nou wat vir 'n ding is 'n boere paella mag jy dalk vra, nou om 'n boere paella te verduidelik moet ek eers 'n paella of Spaanse Paella verduidelik, en dan sal jy verstaan dat 'n boere paella eintlik 'n seekos bredie is waarvan die se Spaanse onderbroek uithang.

'n Paella is in wese 'n reisgereg, en afhangende van die area in Spanje sal die hoofbestandeel of skulpvis of iets soos haas wees. Die verskil tussen wat ek gekook het, en 'n regte paella is die natgeit of eerder drooggeit van die gereg, die opregte Spaanse paella is in wese 'n droë rysgereg, die een wat ek gekook het was bietjie meer nat, en ek sal nou-nou veduidelik hoekom.
My plan was om vir twee mense te kook, erens in die kook van enige paella gaan jy agterkom dis half ontmoontlik om paella, 'n boere een of 'n regte Spaanse een te kook vir twee mense, dis 'n gereg vir 'n klomp mense, 'n gereg vir 'n fees van familie en vriende.
Ek het begin om die gereg te kook in die grootste ysterpan wat ek het, maar baie vinnig besef dat daar geen manier is om die storie in die pan in te pas nie, toe moes ek maar alles in 'n groot pot gooi, en verlief neem daarmee dat die storie nie 'n regte paella gaan wees nie, jy sien 'n regte paella word in 'n groor platterige pan gekook. Die idée is dat die souserigheid weg kook op die groot oppervlakte wat verhit word, jy gaan dit nie regkry in 'n pot nie, die storie word 'n bredie of selfs potjie, sonder die lae ding, en as jou vrou by die deur instap met 'n klomp kreef om die bredie 'n bietjie weskus kleur te gee dan worry jy nie meer of dit 'n paella, potjie of bredie is nie.


So in 'n dag of twee sal ek die resep op my Ingelse blog sit, sodra ek kan onthou wat ek eitlik gedoen het.



Lekker eet


Potjie

No comments:

Post a Comment