Friday, June 3, 2011

Brandnetel Tee - You must be joking

Ek lees vandag 'n blog oor 100 goed wat elke omnivoor ten minste een keer in sy/haar lewe moet eet, en tweede op die lys is "Nettle Tea". Ek dink so by myself, maar 'n nettle is mons 'n brandnetel, of brandneukel soos ons dit kleintyd genoem het. Nee dink ek, kannie wees nie, g'n normale of abnormale mens sal tee van daai goed maak nie, jy sal jou binngoed toetentaal en al verwoes deur dit bloot te stel aan daai branderige onkruid.



Ek vat toe maar die woordeboek, en wragtig, dis 'n brandnetel, nou vra ek jou met trane in my navy blou oe, waarom maar waarom sal iemand tee wil maak van brandnetels, as jy regtig wil weet waarvoor mense se dis goed gaan na http://www.teabenefits.com/herbal-tea-benefits/nettle-tea-benefits.html, maar as jy dit gaan drink is dit nie op my aanbeveling nie, dit klink vir my na 'n branderige storie op die beste van dae.



Om die ander 99 goed te sien wat omnivore ten minste een keer in hulle lewe moet eet gaan na http://angeliqueca.wordpress.com/2011/05/26/the-omnivore%E2%80%99s-hundred/ as jy weet wat al 100 is buig ek in algehele respek voor jou, as jy al 100 geeet het, wel ek skat dan kan jy nou maar die tydige met die ewige verwissel.



Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment