Vir almal wat die blog vir 'n lang ruk lees sal weet dat ek Rudi's Sausage Deli se no1 aanhanger is, maar tussen Saterdae wat ek kan Slowfood Market toe gaan is daar die Fruit and Veg waar ek vark worsies met peppadews en bees met rooiwyn en cranberries of 'n stukkie sosatie works kan gaan koop, en die lekkerste van alles is dat jy jou nie eers hoef te skaam vir die zef nefie nie.
Waar baie van die upstairs nefie se worse by uitstek geskik is vir gebruik in disse soos pasta of bredies (hulle het ook boerewors) is die zef nefie se wors van die braai tiepe, kole is waar hulle op hulle tuiste is, wat natuurlik beteken dat ek en die zef nefie baie goeie vriende geword het in die laaste tyd, en waag dit nou net om te sé, soort soek soort.
Lekker eet
Potjie
Waar is Rudi's. Ek het gisteraand Basiel & Songedroogde Tamatie Varkworsies in Appelwyn (Cider) gestowe. Mens kry net nie altyd lekker spesialiteits wors nie.
ReplyDeleteAmen vir die pos hieronder oor die Sarie Kos en Sarie Kos vir Mans. Ek myself is die wenner van die sosatie kompetisie in verlede jaar se lente-uitgawe.
Rudi's se slaghuis is in Gordenbaai, maar hulle is Saterdae by al die Slowfood markte, hier is hulle kontak besonderhede soos deur hulle verskaf
ReplyDeleteIf you would like to order any of the sausage for collection from the stalls, please phone Wayne (082 874 9811) for Earth Fair Market, Tokai, Willem for Stellenbosch (072 556 1701) and Jacky (082 877 0774) for Willowbridge or send us an e-mail to rudisdeli@telkomsa.net.
Geluk met die wen van die sosatie kompetisie Hardspear.
ReplyDelete