Vandag ry ek tussen Malmesbury en Durbanville, die wêreld is grasgroen, en plek plek blom die varkblomme al, in die verte staan Tafelberg sonder 'n wolkie in sig in al sy glorie, en my gedagtes is by 'n vriendin wat nie meer hier woon nie, maar nou hier was vir 'n begrafnis, en skielik wonder ek hoe lyk dit deur haar oë, iemand wat hiermee groot geword het, maar dit nie elke dag meer sien nie. Om die mooi rondom ons raak te sien het ons soms nodig vir iemand anders om ons oë weer oop te maak, 'n vriend van oorseë wat vir die eerste keer kom kuier, of iemand wat lank laas hier was wat weer in verwondering na die varkblomme kyk, of weer kan liries raak oor 'n bottel Kaapse Vonkel, of soos my suster twee jaar terug, gewoonlik eet sy soos 'n voëltjie, maar sy kon nie ophou eet aan die waterblommetjie bredie nie, nie die tiepe van ding wat jy sommer in Vancouver raakloop nie.
As volgende keer daai bottel gunsteling wyn oopmaak, proe dit regtig, rol dit in jou mond rond soos daai eerste keer, onthou die mense wat dit saam met jou geniet het, en drink enetjie op hulle, ek gaan.
Lekker eet
Potjie
No comments:
Post a Comment