Ek het vroeër die week op my Engelse blog geskryf van Darling Breweries, ek dink toe so by myself, met Darling wat so binne die Swartland lê, wat van 'n broodjie bak met die natuurlike verbroude bier.

Almal ken bierbrood, maar ek het gevoel daar moet so bietjie meer moeite gedoen word met die broodjie, die kits geen knie broode het so half koekerige tekstuur waaraan het nie lekker vat kan kry nie, so hier is my resep.
1Kg witbrood meel
550ml Darling Brew
10ml sout
½ teelepel bakpoeier
Begin met so 800g van die koekmeel, voeg die sout en bakpoeier by en meng goed. Voeg die bier by en meng, voeg bietjie bietjie die res van die meel by tot die mengsel nie te nat is nie. Knie die deeg goed en bêre op 'n warm plek om te rys. Die deeg gaan nie heeltemal rys soos brood wat met suurdeeg gebak word nie. Knie die deeg af en bak teen 180° vir 'n uur, toets vir gereedheid, geniet met vars botter.
Lekker eet
Potjie

Verhit bietjie olyf olie in 'n pan wat groot genoeg gaan wees om al bogenoemde bestandele te huisves. Braai die chorizo tot die vet begin uitbraai, voeg die vark by en braai tot al die vark verkleur het, voeg dan die hoender by en braai tot die hoender verkleur is, voeg die uie, soet rissies en rissie by en braai tot sag. Voeg die rys by en meng goed deur, voeg die tamaties en saffron water by, laat goed deurkook, voeg dan die ertjies by en verit tot alles goed warm en gaar is, geur met suurlemoen sap en sout en swart peper.




