Showing posts with label Vark. Show all posts
Showing posts with label Vark. Show all posts

Friday, March 26, 2010

Ferdie braai in die kombuis

Gisteraand het swaer Ferdie besluit dis tyd om sy ander binne braai weer af te stof. Dit is een van die braaitjies wat 'n elektriese element het, en 'n bak onder waarin water gegooi word om te keer dat die vet spat, nou as jy my vorige definisies van braai neem dan is die nie regtig 'n braai nie, maar ek gaan nie net streng wees op swaer Ferdie nie, ek het self een van die braaitjies en dit het my lus vir braai al baie gevoed as die Kaapse winter my keer om buite te braai.


Ferdie het vir ons vark (gerookte) tjops en "rashers" asook hoender sosaties, borsies en kaaswors gebraai, selfs 'n broodjie het hy gebraai op die binne braai, alles terwyl Taldulkar die boulers straf en ons dit bal vir bal kan volg.
Dankie swaer, soos julle aan my bord kan sien was alles uit die boonste gestoeltes soos oubaas sou se.

Lekker eet
Potjie

Friday, March 5, 2010

Braai jou rib langs die vuur

Wat kan dan nou beter wees as 'n braai na 'n snikhete dag soos gister hier in die Kaap. Maak 'n vuur en neem 'n glasie wyn terwyl die son in die weste verdwyn.

Kry vir jou 'n makefter waarin jy jou rooster op sy sy kan sit langs die vuur, op die manier gaan die vet nie in die vuur drup en aanmekaar vlamme maak nie, en jy kan terwyl die vuur brand die rib lekker langs die vuur braai, sodoende kan jy heelaand langs die vuur sit, maar nogtans kom die vleis gaar.


As jy dalk 'n vark pens (belly) daar het, sprinkle bietjie mosterd poeier oor hom, an dan 'n goeie skoot growwe sout en swart peper, plaas hom in die rooster, sit die rooster in die makefter wat die rooster langs die vuur gaan staan maak, en geniet jou wyntjie.

Hoe lank? Nee my maat, ek weet mons nou nie hoe warm jou vuur is nie, jy sal maar self moet besluit wanneer die outjie gaar is, maar een stukkie raad wat ek jou wel sal gee is, laat die velkant meeste van die tyd na die vuur wys, lekker krispie word die outjie, soos die Engelse sĂȘ, crackling.


Lekker eet

Potjie