Showing posts with label Snoek. Show all posts
Showing posts with label Snoek. Show all posts

Friday, April 23, 2010

Snoek op die kole

Elke man soen sy vrou op sy eie manier sĂȘ hulle, elke man braai ook op sy eie manier, hier in my huis maak on so as ons dalk 'n snoekie op die kole gaan gooi.

Eers die sous, botter, suurlemoen en appekooskonfyt, dis al. Die groot geheim is om die smaak reg te kry, die een moet nie die ander oordonder nie, onthou 'n vis moet drie keer swem, een keer in die see, een keer in botter en een keer in wyn, so net omdat jy gaan appelkoos konfyt gebruik, beteken dit nie jy kan die botter swem gedeelte skip nie, nee jy moet goed botter bysit by die sous, en asseblief tog, druk vars suurlemoene uit vir die sap, daai botteltjies is net vir nood, dan die konfyt, KOO se "Smooth Apricot Jam" word spesiaal gemaak om die sous meet te maak.

Sout en peper jou vis, oor medium kole sit die vis met die vleiskant na onder op die kole, net so minuut of twee, draai dan om, en dan eers smeer jy die eerste keer van die sous op, braai tot net gaar en smeer hom aanhoudend met die botter sous.


Geniet met vars brood en 'n glasie of twee witwyn


Lekker eet

Potjie