Showing posts with label Pasta. Show all posts
Showing posts with label Pasta. Show all posts

Thursday, April 16, 2009

Net soos in die res van die lewe, werk ons planne in die kombuis nie altyd uit soos ons dit beplan het nie. Maar moenie dat dit jou onder kry nie, 'n bestandeel kort, kos wat nou gebruik moet word, res van die familie nie lus vir wat jy vanaand wil maak nie, ok, geen probleem, alles onder beheer, solank ons kan kook, het ons 'n lied in die hart.

My beter helfte gee nie gewoonlik te veel aandag aan wat in die kombuis aan gaan nie, of in die kos kas nie. Maar o wee, gisteraand stop sy by die winkel en besluit sy is lus vir pasta rys, en koop toe sommer 'n blikkie sampioene (ag nee man), 'n sakkie tamatie en kruie sous (nee regtig, wie koop sous?), 'n pakkie maalvleis en die pasta rys.

Liefie besluit toe, sy gaan net vinnig 'n draai by haar suster maak (dis nooit vinnig nie) en ek sien toe die gaping, en bied aan om maar die kos te maak terwyl sy weg is, wat dadelik met geen teenkanting aanvaar word nie.

Ok stap 1, maak die bottel Goatshed (daai rooi van Goats Do Roam waarvan ek gister vertel het) oop, en gooi in glas, ruik, bekyk, vat sluk, sug behaaglik, vat nog 'n sluk, kry kop skoon van dag se werk, en begin dink kos.

Kom ons kyk wat ons kan doen aan die saak, twee uie, a! hiers 'n groot groen soet rissie in die yskas, een pakkie swart olywe, sakkie cherry tematies, olyf olie, basil, origanum, sout, paprika en swart peper.

Die plan begin vorm aan neem, vat twee snye wit brood en gooi bietjie melk oor en laat week bietjie. Skil en kap die twee uie en die groen rissie, sit 2/3 van ui en groen rissie by die brood, asook die maalvleis, onpit en gekapte olywe, eier, bietjie paprika, sout en peper, meng en maak klein frikkadelletjies, as dit bietjie nat is en nie lekker bind nie, gooi bietjie broodkrummels by.

In 'n pan of pot wat jy in die oond kan sit, gooi olyf olie, omtrent so 100ml of meer, braai die tamaties tot die skille bars en die sous begin uitloop, gooi die uie en groen rissie wat nie in die frikkadelle gebruik is nie, in die sous en braai tot gaar, gooi daai blikke sampioene in en braai, gooi die pakkie sous wat vroulief gekoop het in die pan en laat alles lekker deurkook, gooi sout. peper, origanum en basil na smaak by, wanneer die sous lekker deurgekook is, sit die frikkadelle in die sous. As die sous te dik of droog lyk, gooi van jou rooiwyn daarin, ek doen dit in elk geval. Sit die pan in 'n voor verhitte oond van 180Grade en bak so 30 minute, tot die frikkadelle gaar is. Kook die pasta rys volgens die aanwysings op die pakkie.

Besluit of jy nog 'n bottel wyn gaan oopmaak. Bel jou vrou by haar suster en se die kos is gaar. Skep die pasta rys in borde, en skep frikkadelle en sous bo oor.

Lekker eet.

Wednesday, April 15, 2009

Pasta klink vir my na 'n goeie plan vanaand, so tussen 300 en 350g meel, bietjie sout en drie groot eiers, maak holte in die meel, gooi eiers in, klits die eiers en meng met die meel, lekker stywe droe deeg, onthou die deeg moet deur die pasta masjien gaan, so hy kannie nat wees nie, nou laat hom so rus vir 'n uur in die yskas toegedraai in clingwrap. As die deeg te droog is gooi bietjie water by, maar voeg bietjie vir bietjie by, niks meer as 'n teelepel op 'n slag nie.

Siende dat ons nou 'n uur het om te wag, kom ons maak 'n bottel wyn oop en dink oor die sous, daai bottle Goats do Roam rooi wat ek nou die dag 3 vir R50 gekoop het sal vanaand die ding moet doen. Ok, tamatie sal die basis wees, ek is nie 'n room man nie, nie in kos nie, van daai swaer van my 'n klomp room gegooi het oor die snoek terwyl hy hom braai kon ek nooit weer my so ver kry om room saam met kos te eet nie. Swart olywe, kappertjie saad, anchovies, rissies, swart peper, so skoot of twee van die rooiwyn, en twee blikke gekapte tamaties, alles in 'n pot en kook dit, so uur lank. Wanneer die tamatie sous so lekker donker word, dan gooi ons dit in die voedsel verwerker en maak die sous lekker glad, net soos daar by die Italiaanse restaurant.

Maar terwyl die sous nou so stadig prut, en die bottel rondlopende bokke begin einde se kant toe staan (ons het mons daarvan in die kos gegooi) kom ons begin met die pasta, breek so derde van die deeg af en sit die res terug in die yskas, begin op die grootste verstelling van die pasta masjien en rol 'n klomp keer deur, so 7 tot 10 maal, dan een keer tot by die kleinste of 2de kleinste verstelling, net soos jy daarvan hou, sit die pasta snyer gedeelte op die masjien en sny jou pasta, doen dieselfde met die res van die deeg.

Kook hom nes droe pasta net vinneger, die boks van my masjien se so 3 minute, maar ek sou se meer na 5 se kant toe, op my stoof is hy nog rou na 3 minute.

Dreineer pasta, gooi sous oor, se jy's jammer jy het die kombuis so bemors, en maak nog 'n bottel wyn oop, after all ons het net R50.00 vir drie betaal.

Lekker eet