Ek het nou nog nie regtig brood ontgroei nie, daar is deesdae net meer soorte brood in die winkel, en wie kan 'n vars Franse broodjie weerstaan, oopgesny en gebotter, roket blare, dan tamatie, goed gesout en gepeper, dan chedder kaas, en bo-op dit dun gesnyde ham met 'n smeerselkie mosterd, koningskos my ou maat, koningskos.
Showing posts with label Brood. Show all posts
Showing posts with label Brood. Show all posts
Sunday, June 12, 2011
'n Broodjie vir ontbyt, brunch of middag ete
Ek het met brood groot geword, meestal winkel brood, sagte wit winkel brood, sondae aande was hulle vuurwarm afgelewer, en die hele dorp het na warm brood geruik.
Ek het nou nog nie regtig brood ontgroei nie, daar is deesdae net meer soorte brood in die winkel, en wie kan 'n vars Franse broodjie weerstaan, oopgesny en gebotter, roket blare, dan tamatie, goed gesout en gepeper, dan chedder kaas, en bo-op dit dun gesnyde ham met 'n smeerselkie mosterd, koningskos my ou maat, koningskos.
Pouse kos was broodjies, middag ete was meestal broodjies (ma het gewerk) en ek wou nooit pap eet nie, so ontbyt was brood, toast met marmite, roosterbrood is die mooi afrikaanse woord, maar ons het dit toast genoem, marmite of anchovy toast, en anchovy was fish spread, nie klein vissies in olie nie.
Ek het nou nog nie regtig brood ontgroei nie, daar is deesdae net meer soorte brood in die winkel, en wie kan 'n vars Franse broodjie weerstaan, oopgesny en gebotter, roket blare, dan tamatie, goed gesout en gepeper, dan chedder kaas, en bo-op dit dun gesnyde ham met 'n smeerselkie mosterd, koningskos my ou maat, koningskos.Nou gaan ek eers vir my 'n broodjie maak.
Lekker eet
Potjie
Monday, March 15, 2010
‘n Broodjie in die yster potjie
Soos belowe vertel ek heel eerste vir julle van die broodjie in my nuwe gietyster broodpannetjies, nie regtig veel om te vertel nie, broodbak is nou nie juis brein chirugie nie, maar 'n vars broodjie smaak darm altyd lekker.
Twee heerlike wit broodjies was die eerste geskenke van die nuwe brood potjies of pannetjies, of wat hulle ook al is. Broodbak is nou maar net een van daai dinge waar gramme en liters nie werk nie, jy moet voel daai deeg is reg, nie te droog nie, maar lekker elasties, en dan vir die rys,dan afknie, dan in die pannetjies om weer te rys en dan oond of vuur toe, meer van 'n kuns as 'n wetenskap so broodbakkery, nou nie dat dit so groot kuns is nie, maar vir my werk dit nie om alles mooi af te meet nie, ek moet kan voel die deeg is nou reg, as dit vandag 'n halwe koppie meel meer as gister vat, dan is dit nou maar so, maar reg moet hy voel, ander gaan dit flop, dis nou maar 'n feit soos 'n koei.
Lekker eet
Potjie
Subscribe to:
Posts (Atom)
