Sunday, June 12, 2011

'n Broodjie vir ontbyt, brunch of middag ete

Ek het met brood groot geword, meestal winkel brood, sagte wit winkel brood, sondae aande was hulle vuurwarm afgelewer, en die hele dorp het na warm brood geruik.


Pouse kos was broodjies, middag ete was meestal broodjies (ma het gewerk) en ek wou nooit pap eet nie, so ontbyt was brood, toast met marmite, roosterbrood is die mooi afrikaanse woord, maar ons het dit toast genoem, marmite of anchovy toast, en anchovy was fish spread, nie klein vissies in olie nie.

Ek het nou nog nie regtig brood ontgroei nie, daar is deesdae net meer soorte brood in die winkel, en wie kan 'n vars Franse broodjie weerstaan, oopgesny en gebotter, roket blare, dan tamatie, goed gesout en gepeper, dan chedder kaas, en bo-op dit dun gesnyde ham met 'n smeerselkie mosterd, koningskos my ou maat, koningskos.

Nou gaan ek eers vir my 'n broodjie maak.


Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment