Monday, July 6, 2009

Kaap Italiaans

My tweede Kook Suid-Afrikaans met 'n twist gereg het die naweek gestalte gekry.

Stap een was om vars pasta te maak, ja ek weet, pasta is nie Suid-Afrikaans nie, maar waterblommetjies is, so in plaas van eiers of spinasie, het ek die deeg aangemaak met waterblommetjies wat ek opgekook het en toe in die voedselverwerker fyn gemaak het, die paste kom nie so groen uit soos wanneer jy spinasie gebruik nie en die tekstuur is growwer. So daar is dit, waterblommetjie lasagne.

Stap twee was om vleis wat meer tipies Kaaps is te bebruik saam met die waterblommetjies, so ek het skaap maalvleis gebruik, dis nie iets wat jy in elke winkel of slaghuis kry nie, so ek het skaap boud tjop gevat en self gemaal, wees versigtig wanneer jy dit doen, die skaap moet maer wees, want skaap het baie tussen weefsel vet en jou pasta mag dalk baie vetterig wees as jy nie 'n lekker maer skaap koop nie en natuurlik kan jy maar skaap in plaas van lam koop, aangesien jy die vleis maal.

Van hier af gebruik jy jou gewone lasagne resep, daar het jy 'n Kaap Italiaanse gereg, maak 'n bottel wyn oop, miskien een van die vele Italiaanse variteite wat deesdae in die Kaap gegroei word en eet die winter koue weg. Natuurlik werk pinotage net so goed.

Lees die artikel wat aanleiding gegee het tot die skepping by http://www.winemag.co.za/article/melting-pot-2009-07-06

Lekker eet.

Potjie

No comments:

Post a Comment