Wednesday, July 1, 2009

Gerookte Snoek met Droё Appelkose Koekie

Die 24 Junie het ek geskryf van my gerookte snoek koekie bo-op die patat koekie, ek het intussen die snoek koekie effens verander.

Kap so 8 to 10 klein effen nat droё appelkose fyn en meng met die mengsel, en moenie krummels gebruik vir die vis koekies nie, ek dink die tekstuur is beter, en die koekie lyk ook beter, en die smaak is beslis beter sonder die krummels.


Die resep sal dus nou soos volg wees:

gevlokte gerookte snoek (omtrent soveel as wat 'n blikkie vis is)
1 groot grof gerasperde ui
1 eier
hand vol gekapte koljander blare
sout
peper
8 tot 10 droё appelkose
+/- 100g meel
olie vir bak

Meng al die bestandele behalwe die olie, moenie die vis te fyn maak nie, as die beslag te nat is gebruik nog bietjie meel, as dit te droog is, gebruik nog 'n eier. Vorm koekies wat net so groot is soos die patatkoekies, bak in vlak olie tot gaar en bruin. Plaas bo op die patat koekie en bedien.

Lekker eet
Potjie

No comments:

Post a Comment