Thursday, May 7, 2009

Ferdie se Sprinbok Fillet

Gisteraand nooi swaer Ferdie vir my oor vir 'n vinnige braaitjie, die ou het saterdag bietjie gaan rondloop, en by die worsman hom vasgeloop in 'n Takbok Tolouse en een of ander Sweedse aartappel en nog iets wors, maar dit is sy skalkse glimlag wat my laat vermoed hy voer iets anders in die mou. Soos gewoonlik was ek toe reg, nie dat vroulief dink ek is gewoonlik reg nie, maar sy is nie nou hier nie, so ek gaan daarby hou.

Ferdie het 'n springbog fillet geneem, hom oopgesny en gestop met knoffel en cheddar kaas, en hom toegerol in bacon, en onthou nou, soos Pieter Pietersen gesĂȘ het, spek en bacon mag van dieselfde vark af kom maar dit is nie dieselfde ding nie, bacon is bacon, spek is daai wit vark vet wat jy by die volstruis sit, dat dit nie so erg droog is nie. Swaer braai toe die affere tog te lekker, daai bacon se vetjie trek so lekker in die springbok in (die outjie het blykbaar al twee dae in olyfolie en suurlemoensag gelĂȘ) en hy is nog so pienkerig binne. Dankie swaer, dis mons nou hoe 'n mens klein saterdag aand moet deurbring, en daai Riebeeck Kelder Merlot/Shiraz was self nie sleg nie, en vir die bykos Francis se room aartappels en groenslaai, heerlik man heerlik.

Ek sien gister in die koerant die nuwe sprinbok trui gaan jou oor die R800,00 uit die sak uit jaag, dis 2 springbokke met kleingeld verstaan ek van die manne wat jag, ek dink ek gaan maar die 2 bokke vat en my ou springbok trui hou, net nou vreet daai sprinbok die protea op die trui op.

Lekker eet

Potjie.


No comments:

Post a Comment