Een aand sit ek en Karl en Ooms Japie en Eugene daar by Oom Eugene se braai met sy uitsig op die ys koue waters van die weskus en maak groot planne vir 'n aand waar oom Japie sy beroemde afval pot gaan maak, en ek my haas pot. Dit was drie miskien vier jaar terug, intussen het ons saam kreef gekook en wyn gedrink, maar die potte het nooit gebeur nie, dit sal ook nooit nie, want oom Japie is Maandag oorlede, en ons kans vir saam pot maak is vir ewig verby.
Oom Japie Lings en Oom Eugene Regs.Ons almal wat oom Japie geken het sal hom met 'n glimlag onthou, en 'n traan knip ondat ons hom mis. Die volgende pot is vir jou oom Japie, lekker rus.
Potjie
Ek is so jammer Potjie. Big hugs xx
ReplyDelete