Wednesday, July 28, 2010

Tuesday, July 27, 2010

Wyn in plastiek bottels

Backsberg het besluit om sekere van hulle wyne in plastiek bottels te verkoop om hulle self bietjie groener te maak (http://www.food24.com/Wine/Focus/Would-you-buy-wine-in-plastic-bottles-20100726), die laaste wyn wat ek in 'n plastiek bottel gekoop het was op 'n mark in Frankryk, en dit was nie 'n aangename ondervinding nie, ok die feit dat dit in 'n 5 liter kan gekom het moes dalk iets vir my vertel het, maar ek het regtig nie gedink sulke slegte wyn kan uit Frankryk kom nie, Italie miskien ja, maar Frankryk nooit, maar so word ons wys.

So dit mag my dalk 'n tydjie vat om myself sover te kry om wyn in 'n plastiek bottel te koop, maar ek het gewoond geraak aan skroef proppe so ek kan seker aan plastiek ook gewoond raak.

Cheers

Potjie

Monday, July 26, 2010

Ou familie resepte – nie regtig

My ma is nie regtig 'n koker of bakker nie, sy hou van tuin maak en huis skoon maak, ja regtig, sy hou van huis skoonmaak. Maar kos kook is 'n noodsaaklike ergenis, jy eet omdat jy moet leef, jy leef nie om te eet nie, sy verstaan glad nie hoekom ek alewig besig is om te kook nie.


Sy het egter 'n paar goed wat sy maak wat ek altyd gedink het moet een of ander familie resep wees. Toe ons klein was, was daar altyd tuis gemaakte gemmer bier in die huis, gemmer koekies en karringmelk beskuit was deel van ons huis, so ook korslose melk tert.


My skok oor die familie resepte van my ma was groot toe ek haar eendag bel vir 'n resep, en sy sê, maar jy het mons 'n Kook en Geniet , effens oorbluf het nog gevra, hoe bedoel ma nou, maar dit was onafwendbaar, my ma se familie resepte het uit die Kook en Geniet gekom, en haar van is nie De Villiers nie.


Lekker eet


Potjie

NIKS MET KOS TE DOEN


Om deesdae toets rugby te kyk is soos om wildtuin toe te gaan. Jy eet lekker biltong en drink lekker bier en kyk hoe k@k die bokke.
Snik, snik, snik
Potjie

Friday, July 23, 2010

My kook program

Hier is die eerste draft van die advertensie vir my eie kook program.
Kliek op die prentjie hieronder om in te skryf vir die wen 'n naweek by Cascades @ Club Myconos kompetisie.


Lekker eet
Potjie

Wednesday, July 21, 2010

Wat lag jy?

Ek wou hierdie blog post begin het met ons Afrikaners, toe onthou ek van die vrou wat ek jare gelede mee saam gewerk het op die lughawe, wat altyd gesê het, Afrikaners is rooi koeie met horings, wel twee uit die drie het betrekking gehad, en soms het ek gewonder of sy nie horings ook het nie. So dalk sal die regte bewoording wees, ons Afrikaanses, of Afrikaans sprekendes, maar hoe dit ook al sy, ons het effens van 'n ander humorsin as die Engelse, en ek praat nou nie eers van Britse humorsin nie, dit vind ek bloot net nie snaaks nie, maar nou ja, die feit dat ek die Amerikaanse "slap-stick" humor meer geniet sal sommige mense my inteligensie laat bevraagteken.

Wat my hieraan laat dink het is die "comments" wat mense op die Engelse kos blogs maak, altyd vreeslik ernstig, behalwe as dit een van ons rock spiders is wat begin "comments" maak, dan raak dit gewoonlik 'n nonsense pratery, en passop vir flirt met sarkasme, wat ons in Afrikaans as baie snaaks beskou word maklik in die rooi taal as sarkasme beskou, ek het eendag gedink ek is baie snaaks om te vra hoekom iemand se kos deur die blare is na aanleiding van 'n pragtige foto waar herfs blare so tussen die borde rond lê, die vraag is begroet met 'n ysige stilte.


Gister het Lavender and Lime 'n posting gedoen oor slegte spelling en taal gebruik, sy het baie reaksie gekry van mense wat net soos sy 'n broertjie dood het aan slegte spelling, 2 grapgatte moes natuurlik snaakse (wel ons het gedink dis snaaks) opmerkings maak, ek en Shaz, en ongeag van haar half Engelse naam is sy so Afrikaans soos 7de laan.


As my soms verdagte spelling jou dalk soms irriteer kan ek net Mark Twain aanhaal (vrye vertaling) deur te sê, ek het geen respek vir 'n persoon wat nie elke woord in ten minste twee maniere kan spel nie.


Onthou om in te skryf vir die wen 'n naweek by Cascades @ Club Mykonos kompetisie.

SKRYF NOU IN

Lekker eet.
Potjie

Tuesday, July 20, 2010

Entry into Cascades @ Club Mykonos Competition

Win a weekend away at Cascades @ Club Mykonos during September or October 2010


The Unit

Situated on the water's edge of the Langebaan Lagoon, inside Club Mykonos Resort, this two bedroom unit sleeps 4 or 6 people.

This unit - a stone throw away from the beach, overlook our magnificent communal braai/garden/pool area and are equiped with the following:

Open plan fully equipped self catering kitchen

Large living area

Bedding and bath towels

Television in living area (selected DSTV Channels)

Television in bedrooms (selected DSTV Channels)

Communal braai and pool area

Allocated shade port parking (one vehicle per unit)

Public parking area

Daily housekeeping services (Excluding Sundays and Public Holidays)

24 Hour Maintenance and Reception

24 Hour Security and surveillance

Unit Now with own built in braai

Residents have full access to all resort facilities and casino

All you need to do is fill in the form below and click on submit.

Competition close on 30 August 2010

Price must be claimed before 30 October 2010, and not during long weekends.










By submitting your entry into this competition you agree to receive promotional material from Cascades @ Club Mykonos.

Wait until you receive confirmation of your entry into the draw before you navigate away from this page



Good Luck

Potjie





Need assistance with this form?












Thursday, July 15, 2010

Dis ‘n fout Wilamina dis ‘n fout

Vandag se blog was veronderstel om 'n viering van die suksesvolle bak van my eerste melktert te wees. Vandat ek kan onthou bak my ma die melktert, ek het gedink dis 'n ou familie resep, maar moes toe uitvind dis 'n Kook en Geniet resep.

Ek het nogal gedink ek is baie oulik en die vanilla geursel met regte vinilla vervang, maar om een of ander rede wil die middle van die melktert nie stol nie, so ek moet my kop en skaampte laat sak, ek het not steeds nie 'n tert in my arsenaal nie, miskien was ek in my jong dae te veel met die ander soort terte deutmekaar, ek sal maar weer moet probeer.


Lekker eet


Potjie

Wednesday, July 14, 2010

Kom ons bak ‘n broodjie my Darling

Ek het vroeër die week op my Engelse blog geskryf van Darling Breweries, ek dink toe so by myself, met Darling wat so binne die Swartland lê, wat van 'n broodjie bak met die natuurlike verbroude bier.

Almal ken bierbrood, maar ek het gevoel daar moet so bietjie meer moeite gedoen word met die broodjie, die kits geen knie broode het so half koekerige tekstuur waaraan het nie lekker vat kan kry nie, so hier is my resep.

1Kg witbrood meel

550ml Darling Brew

10ml sout

½ teelepel bakpoeier

Begin met so 800g van die koekmeel, voeg die sout en bakpoeier by en meng goed. Voeg die bier by en meng, voeg bietjie bietjie die res van die meel by tot die mengsel nie te nat is nie. Knie die deeg goed en bêre op 'n warm plek om te rys. Die deeg gaan nie heeltemal rys soos brood wat met suurdeeg gebak word nie. Knie die deeg af en bak teen 180° vir 'n uur, toets vir gereedheid, geniet met vars botter.

Lekker eet
Potjie

Tuesday, July 13, 2010

Ryskonkoksie – verlangs familie van paella

Paella in sy oorspronklike vorm het nie noodwendig enige seekos in die gereg nie, afhangende van waar in Spanje die gereg gemaak word sal hoender of skulp vis gebruik word, in die suid kus word haas tradisioneel gebruik, maar hierdie eenvoudige geregte was nie "fensie" genoeg beskou vir die restaurante wat op die toerisme mark ingestel is nie, en die paella met al die seekos soos ons dit meestal vandag ken is gebore.

Die enigste rede hoekom ek sê dat my gereg verlangs familie is van paella is omdat dit soos paella grootliks 'n rys gereg is, en chorizo, ertjies en saffron bevat, bestandele wat gewoonlik met paella geassosieer word, maar anders as paella gebruik ek klaar gaar rys, want daar is gewoonlik oorskiet rys in die yskas.

Kry al jou bestandel gereed.



1 rooi ui fyn gekap

1 groen soet rissie in repies gesny

1 geel soet rissie in repies gesny

1 rissie ontpit en fun gesny

30cm stuk chorizo in skywe gesny

4 stukke vark repe in stukke gesny

4 ontbeende hoender dye in stukke gesny

Oorskiet rys

Ertjies, so handvol

0.1g Saffron in 'n bietjie water geweek

1 410g blik tamaties

Sap van een suurlemoen

Olyf olie

Sout en peper na smaak

Verhit bietjie olyf olie in 'n pan wat groot genoeg gaan wees om al bogenoemde bestandele te huisves. Braai die chorizo tot die vet begin uitbraai, voeg die vark by en braai tot al die vark verkleur het, voeg dan die hoender by en braai tot die hoender verkleur is, voeg die uie, soet rissies en rissie by en braai tot sag. Voeg die rys by en meng goed deur, voeg die tamaties en saffron water by, laat goed deurkook, voeg dan die ertjies by en verit tot alles goed warm en gaar is, geur met suurlemoen sap en sout en swart peper.

Lekker eet

Potjie

Tietiesbaai, die tieties van Paternoster

Daars twee stories oor hoe Tietiesbaai sy naam gekry het, die eerste is dat daar 'n Hottentots kaptein in die area gewoon het met die naam Tieties en die baai is na hom vernoem, die ander storie het te doen met die twee koppies wat baie lyk soos 'n sekere gedeelte van 'n vrou se lyf, as jy weer in daai area is, kyk na die koppies en besluit self watter storie jy wil glo.


Die een ding waaroor daar nie in die area gestry word nie is dat dit kreef wêreld is, vis ook, maar veral kreef. Oral sal jy kreef smouse (smokkelaars) op Paternoster vind, die prys van kreef word bepaal deur die weer (kan daar kreef getrek word) en die hoeveelheid GP karre in die dorp, as jy die kans gaan vat om met die manne besigheid te doen en jy bestuur 'n kar met GP nommerplate of iets wat lyk of jy van die groot dorp af kom (CA byvoorbeeld) begin jou prys so 10 of R20 hoër as die res van die wêreld. Maar pasop om besigheid te doen met die manne, jy is besig om aan die verkeerde kant van die wet te beweeg, hulle sal jou vertel dat die polisie worry nie oor hulle nie, hulle is te besig met die "klonkies" wat inbreek, maar wet is wet, so wees gewaarsku.

Op my engelse blog vertel ek meer van my naweek aan die weskus.

Lekker eet

Potjie

Monday, July 12, 2010

Drink 'n Bier by Darling

Ek het laas week genoem van twee verrassings by die Vars Produkte Mark in Stellenbosh en belowe ek sal vertel van Darling Breweries op 'n volgende geleendheid. Volg die link deur te kliek op die Darling Brewery prentjie om te storie van bier in Darling te Lees.



Gesondheid


Potjie

Thursday, July 8, 2010

Thai Vark Tjops met geroosterde groente

Marineer die vark in die volgende (genoeg vir 4 tjops) vir 1 tot 2 ure

2 huisies knoffel fyn gekap

1 eetlepel suiker

1 eetlepel vis sous

2 eetlepels soya sous

1 eetlepel sesame olie

1 eetlepel droë sherry

1 medium ui fyn gekap

2 spruite "lemon grass"

Braai die tjops oor die kole of onder jou oond rooster, ongeveer 6 minute per kant, bedien met geroosterde groente.

Lekker eet

Potjie

Wednesday, July 7, 2010

Die varste terleurstelling van die vars produkte mark, en die beste verrasing

Laas week kry ek 'n e-pos wat dit uitbasuin dat gedurende die wynfees op Stellenbosh die "Fresh Goods Market" elke dag van die fees van 11H00 tot 21H00 sal oop wees, met al die gewone stalletjies en nog baie meer. As ek geweet het waar om mense vir vals advertensie aan te kla dan het ek, want al die gewone Saterdag mense was defnitief nie Vrydag aand daar nie, die een rede waarom ek gegaan het was om my yskas weer bietjie te vul met Rudi's Sausage Deli se wors, maar daar was geen teken van hulle nie, ook van baie van die ander mense wat gewoonlik Saterdae op die mark is was daar geen teken nie, maar ek het twee groot plesiere op die fees raak geloop. Die een was Darling Brewery, waarvan ek meer op 'n ander dag sal sê, die ander is Lovane Boutique Wine Estate

Ons het verskeie van Lovane se wyn geproe waarvan ons twee gekoop het vir 'n spesiale ete wat ons met vriende gehad het, die eerste was hulle Methode Cap Classique 2007, in my beskeie opinie kan dit met enige van ons Cap Classique's meeding, en die tweede wyn wat ons gekoop het was hulle Summer Mist 2009, 'n witwyn gemaak van rooi druiwe (87% Cabernet Saivignon, 8% Petit Verdit en 8% Cabernet Franc) en wat 'n interresante wyn, die reuk ongelooflik, en die smaak selfs beter, ek is nie 'n vreeslike witwyn drinker nie, maar die wyn het my bekeer na witwyn drink.

Besoek gerus hulle webwerf vir meer inligting, of selfs beter besoek die plaas, hulle is op die M12 reg langs Neetlingshof.


Lekker drink
Potjie













.

Thursday, July 1, 2010

Hoender sosaties met peanut sous

Hierdie is nog een van die Thai resepte wat ek in my 3 vir R99.00 boeke gekry het.

Volgens die boek is dit genoeg vir 4 mense, of die Thaiwanese eet baie minder as ek, of hulle het 'n klomp bygeregte gemaak, die laaste moontlikheid is dat hulle hoenders baie groter as ons s'n is.

Bestandele:


4 ontbeende hoender borsies sonder vel

Vir die marinade:

2 huisies knoffel fyn gekap

2.5 cm vars gemmer fyn gerasper

10ml vis sous

30ml ligte soya sous (light soy sauce)

15ml heuning

Vir die peanut sous:

6 eetlepels "crunchy" peanut butter

1 rooi chillie ontpit en fyn gekap

Sap van een lemmetjie

4 eetlepels coconut melk (ek gebruik omtrent dubbel dit, ander vind ek die sous te dik, en te suur)

Sout

Eerstens maak die peanut sous deur al die bestandele saam te voeg in 'n voedsel verwerker, proe en voeg sout na smaak by, maak toe met "clingwrap" tot benodig.

Sny elke hoender borsie in die lengte af in 4 gelyke dele, meng al die bestandele van die marinade en meng met die hoender, maak seker dat al die hoender goed bedek is, marineer vir ten minste 30 minute.

Ryg die hoender op sosatie stokkies, een per stokkie, braai op medium hitte tot net gaar, en bedien met die peanut sous.


Lekker eet
Potjie